| |
|
|
|
| |
| |
Hoekom navorsing vir
spookstories, kinder-en jeugverhale doen? Is ‘n
vraag ek gereeld gevra word. Die antwoord is doodeenvoudig:
omdat daar altyd ‘n leser sal wees wat die omgewing,
geskiedenis of omstandighede ken waaroor geskryf word.
Al skryf ek spookstories, moet die feite van die omgewing,
gewoontes, vervoermiddels, kos, drank en kleredrag van
die tyd waarin die storie afspeel, korrek wees. Voordat
ek my hand aan die genre gewaag het, het ek vir twee
jaar lank navorsing oor spoke gedoen en tot die slotsom
gekom dat daar verskillende soorte spoke is –
gedaantes; dwaalgeeste; poltergeeste; drogbeelde; verskynsels
en dan is daar natuurlik ook lug, grond en waterspoke!
Diere kan ook spoke wees. Ek het baie boeke oor die
onderwerp gelees en met mense gaan gesels wat ‘n
studie van spoke maak of beweer dat hulle paaie al met
spoke gekruis het.
Ek verkies om oor plekke te skryf wat ek al besoek het.
So byvoorbeeld is Die Geheim van Groukatlaagte na ‘n
besoek aan ‘n plaas in Williston in die Noordwes-Kaap
gebore. Stem in die Trommel is geskryf na ‘n vakansie
by Jongensfontein, maar ek moes baie navorsing oor seevaart,
skepe, muntstukke en skeepstrommels doen voordat ek
die verhaal kon begin skryf. Ek het selfs die muntmuseum
besoek sodat ek die gevoel en reuk van antieke munstsukke
kon kry. Skaduwee op Siwet het ek na ‘n besoek
aan Numbiprak naby die Kruger Wildtuin geskryf. Omdat
die verhaal teen die agtergrond van die goudstormloop
in die Plegrimsrust, ‘n malariageteisterde gebied
afspeel, moes ek navorsing daaroor asook oor malaria
doen.
Dwaalgees van Duiwelskantoor is geskryf nadat ek Kaapschehoop
in Mpumalanga besoek het. Droomkamer op Donderhoek speel
in ‘n denkbeeldige huis met ‘n solderkamer
af. Ek moes navorsing oor drome doen. Voordat ek Skimme
van Gister kon skryf, het ek ‘n sielkundige besoek
wat my meer omtrent hipnose vertel het. Die Osirisraaisel
is volop bygelowe en dus moes ek ‘n studie oor
verskillende bygelowe maak. Spookhuis by die See is
gebore na ‘n besoek aan Mosselbaai en een van
my kollega’s wat ‘n ou trekklavier vir my
gebring het met die opdrag: Skryf ‘n spookstorie
oor die trekklavier.
By die Lêplek van die Leeus word as faksie - ‘n
vermenging van feit en fiksie, beskou. Ek het die storie
geskryf na aanleiding van ‘n swart meisie wat
‘n tyd lank by ons in die huis gebly het. Ek moes
baie navorsing oor die Zulu-kultuur doen, insluitend
professore by die Universiteit van Pretoria asook ‘n
sangoma naby Bronkhorstspruit besoek, voordat ek my
hand aan die verhaal gewaag het.
Maar die wonderlikste van alles is dat niemand nog nooit
vir my gelag of gespot het wanneer ek by hulle vir hulp
gaan aankop het nie. Almal was meer as bereid om my
te help. Sommige het selfs met interessante kreatiewe
wenke gekom. |
| |
| |
|
|
|
|
 |
|
 |
|
 |
| |
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
 |
|
 |
|
 |
| |
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
 |
|
 |
|
 |
| |
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
 |
|
 |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
|
| |
| |
|